Analize Viljoen
Analize is die medeskrywer van die debuutroman Oor en weer, wat sy saam met Trisa Hugo geskryf het. Die boek was in 2021 een van die finaliste vir die ATKV Woordveertjie-prys, saam met KanaƤn van Sophia Kapp en Corali, deur Chanette Paul.
Lees die eerste deel gratis of bestel Oor en weer hier.
Analize en Trisa het die aanlynbundel – Aanlyn 1 – saamgestel en dis uitgegee deur Viva Uitgewers. Die boek is beskikbaar op Viva se platform, met ‘n klankbaan van die verhale.
Koop Aanlyn hier: Aanlyn – VivA-Uitgewers
Kleur en karamel is Analize se tweede boek, en eerste boek wat sy alleen geskryf het. Die boek het in Februarie 2022 verskyn onder Lapa Uitgewers se Romanza vaandel. Kleur en karamel is die eerste lesbiese liefdesverhaal wat as Romanza uitgegee word. Analize kon nie van die karakters in haar kop ontslae raak nie, en is besig om die opvolg te skryf. Onthou, Maryke is nog single… Sy hoop maar dat die uitgewers die boek die lig sal laat sien! Die een, en nog ‘n paar ander…
Lees die eerste deel gratis, of bestel Kleur en karamel hier.
Analize bedryf Boekemakranka saam met Trisa Hugo. In die 2020 inperking het Boekemakranka begin met die eerste regstreekse aanlynboekgesprekke op Facebook en Youtube. Dit het gebeur toe van die Suid-Afrikaanse skrywers se boekbekendstellings gekanseleer moes word oor die Covid pandemie. Analize en Trisa het dieselfde week nog begin om boeke aanlyn bekend te stel, en het nog nie weer opgehou nie. Twee jaar en meer as ‘n honderd boekgesprekke met verskeie bekende skrywers later, is Boekemakranka steeds sterk aan die gang.
Vir meer oor Boekemakranka, kliek hier.