Fotografie

Overbergpad

“Ek kan enige tyd ophou. Regtig. Mos.” – Analize oor foto’s neem.

Analize neem graag kos, die natuur en die mense na aan haar af. Dis ‘n belangstelling wat op skool al begin het, toe Analize by Hoërskool Kempton Park se fotografieklub aangesluit het. Daardie tyd het mens nog foto’s in ‘n donkerkamer ontwikkel onder ‘n rooi lig en dit dan op fotopapier uitgedruk. Dit was ‘n fassinerende proses!

Toe kom die eerste digitale kameras uit, aan die begin van die jare 2000. Ons het gedink 1 Megapixel is wonderlike kwaliteit, soos in dié foto:

In daardie tyd het Analize in Singapoer gewoon, en toe by die Singapore Photographic Society aangesluit. Na ‘n besoek aan Bali het sy ‘n aantal foto’s voorgelê en “Licentiate Distinction” daarmee behaal. Wat dit nou eintlik beteken kon sy nog nooit juis agterkom nie, maar sy weet wel dat baie lede baie beïndruk was daarmee.

Analize het ‘n jaar of drie later ‘n digitale SLR kamera gekoop en na nog ‘n kursus of twee op vryskutbasis professionele fotografie begin beoefen. Deesdae is fotografie ‘n stokperdjie, en die SLR is lankal gesteel deur ‘n dwelmverslaafde, maar Analize maak ‘n punt daarvan om haar foonkamera op manual te sit en vir haarself uitdagings te stel. Soms vat dit lank om die regte skoot te kry, en geduld en kreatiwiteit is nodig daarvoor. Ander kere kliek mens op die ingewing van die oomblik, en jy kry ‘n goeie foto. Die grootste kopseer deesdae, is, waar stoor mens alles, en waar kry jy tyd om deur alles te gaan en dit in albums te bêre!

Hieronder is ‘n paar van Analize se foto’s. Nie noodwendig die bestes nie, dis maar net die wat vandag soos ‘n SPCA puppy gelyk het en gesê het: “Kies my! Kies my!”

Vir meer, gaan kyk op Pexels:

Analize Viljoen – Photography