Boekemakranka

Kyk hier na Boekemakranka se aanlyngesprekke met skrywers:

https://www.youtube.com/channel/UCNCOVd2CyVUZMrRaBNB0o3A

Waar passie vir boeke en tegnologie ontmoet

Wie en wat is Boekemakranka?

Boekemakranka – Alles Boeke – Waar ons tred hou met die boekbedryf, nuwe ontwikkeling en tegnologie. Boekemakranka bestaan uit ʼn klein span: Analize Viljoen & Trisa Hugo.

Boekemakranka is bekend vir ʼn paar eerstes:

Die eerste e-boek in Afrikaans is deur Boekemakranka uitgegee, en die eerste aanlyn boekgesprek is ook deur ons gedoen in die inperking van 2020.

Binnekort volg daar nog ‘n eerste, wanneer Boekemakranka kortverhaalbundel – AANLYN – die eerste bundel is wat deur VivA Uitgewers uitgegee word.

Die bundel is saamgestel deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, en die tema is AANLYN. Twaalf bekende skrywers het elkeen ‘n kortverhaal geskryf in hul eie genre en met hul eie interpretasie van die tema.

Die inisiatief van aanlyngesprekke en virtuele boekbekendstellingshet begin toe boekbekendstellings deur die inperking geraak is. Boekemakranka was weereens aan die voorpunt van ‘aanlyngesprekke’ ‘n nuwe tendens, en het die baanbrekerswerk gedoen daarvoor.

Subscribe op ons YouTube kanaal.

https://www.youtube.com/channel/UCNCOVd2CyVUZMrRaBNB0o3A