Analize Viljoen se kortverhaal, Die Pan is in 2025 gekeur vir PEN Afrikaans se kortverhaalkompetisie. Die tema was Kyk hoe ver het ons gekom.

“Hoe kry jy antwoorde as jy nie bid nie?”
“Hoe kry jy antwoorde ás jy bid?”
“Ek glo die Here gee vir mens die antwoorde.”
“Vra jy Hom ook oor die dinge waarvan jy doodseker is? Of net wanneer jy twyfel, of nie weet nie? Want as jy nie al twee doen nie, hoe weet jy wanneer is dit Sy antwoord en nie joune nie? Het jy byvoorbeeld gevra voor jy hier kom kamp het? En voor jy gesê het ek kan bly? Want dis potensieel albei groot besluite. Of dalk het jy soos ek gemaak en maar net self besluit.
Lees Die Pan gratis hier.
Sewe keer sondig
Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie.

Stefaans Coetzee en Anschen Conradie het 42 skrywers betrek by die bundel Sewe keer sondig. Die opdrag was dat twee skrywers aan een verhaal moes skryf en dit moes ‘n misdaad of spanningsverhaal wees.
Die uiteinde was Sewe keer sondig, uitgegee deur Naledi UItgewers in 2024.
25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag.
Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede spruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.
Analize Viljoen het die verhaal Die wrok, saam met Tinus Viviers geskryf.
Aanlyn – Die Boekemakranka-kortverhaalbundel

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer. Ook die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel. Dit word gepubliseer op VivA Uitgewers se nuwe aanlynplatform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.
Analize se verhaal, Die mooiste rooi hoëhakskoene in die wêreld het ‘n subtiele tema van finansiële mishandeling en heling.
Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel. Wat dit uniek maak is dat die verhale ook met ‘n klankbaan kom waar elkeen voorgelees word. Karen Hougaard lees haar eie verhaal voor en dis een van die hoogtepunte van die bundel.
Ander skrywers wat verhale bygedra het was:
